OOR ONS
1 Maart 2012 was die aanbreek van 'n nuwe era vir die twee firmas van Cassells Accountants Inc. en McKay Fahy & Associates toe hulle saamgesmelt het om die nuwe firma MFG Accountants te vorm. Die samesmelting het MFG Accountants die unieke geleentheid gebied om die verskillende kundigheid areas van twee hoogs gerespekteerde instellings saam te voeg, in een enkele organisasie wat in staat is om sy dienste aan te pas om in die verskillende, dog individuele behoeftes van sy kliëntebasis te voorsien.

MFG Accountants is trots daarop om slegs hoogs gekwalifiseerde personeellede in diens te neem, om te verseker dat sy kliënte altyd die hoogste vlak van ondersteuning ontvang.

Ons toewyding om slegs die hoogste gehalte diens te lewer, blyk uit ons jarelange kliëntebasis.

Hetsy u 'n sakevennoot nodig het om u besigheid op koers te hou of as u gekonfronteer word met 'n groot finansiële besluit, ons kan ons dienste aanpas by u behoeftes.

Ons glo in:

  • Om tyd te spandeer om ons kliënte te leer ken en die unieke uitdagings en suksesse van hul besigheidsondernemings te verstaan.
  • Om op hoogte te bly van die jongste verwikkelinge in die finansiële dienstesektor, deur voortdurend te belê in die verdere opleiding van ons werknemers.
  • Die versekering dat professionele integriteit en etiese waardes al ons besluite en die manier waarop ons ons sake doen, onderlê.
KONTAK ONS

Telefoon : 086 100 0609
Faks : 086 603 7747
E-pos : services@mfga.co.za

Eerste Vloer, 457 Rodericks Straat,
Lynnwood, Pretoria 0081
PRAAT MET ONS

  

© MFG Accountants 2026 | Alle regte voorbehou | Webwerf deur FireHouse Media