MFG Accountants is sentraal geleë in Lynnwood, Pretoria, naby alle belangrike toegangsroetes, die Menlyn- en Hatfield-sake kerns, en verskeie ander geriewe soos die Universiteit van Pretoria. Alhoewel ons kliënte hoofsaaklik in en om die Pretoria-omgewing geleë is, skenk ons ook aandag aan die behoeftes van ons ander kliënte regoor Suid-Afrika.
Waarom MFG Accountants kies as u sakevennoot?
Tans kan enige iemand hulself 'n rekenmeester / boekhouer noem sonder enige vorm van opleiding, kwalifikasies of ervaring. Dit is in u beste belang om die diens van u verskaffer te evalueer teen die vaardighede, opleiding en ervaring van 'n Geoktrooieerde Rekenmeester.
Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAICA) is die voorste rekenmeesters liggaam in Suid-Afrika en word hoog aangeskryf wêreldwyd.
Dit neem 'n sekere kaliber persoon, en een met groot vasberadenheid, om die pad na 'n Geoktrooieerde Rekenmeester te loop en te voltooi. Deur hierdie pad te stap, met al sy uitdagings en geleenthede, word 'n individu geskep, wat waardevol is en waarde kan skep oral waar sy of haar pogings aangewend word. Daar word van SAICA-lede verwag om 'n professionele gedrags kode na te kom, wat lei tot 'n beroep wat aan hoë etiese vereistes voldoen. Nadat iemand ‘n lid geword het van SAICA en gekwalifiseer het as ‘n Geoktrooieerde Rekenmeester, moet hulle voortdurend tyd in hul professionele ontwikkeling belê om te verseker dat hulle aktueel op hul gebied bly om hul kliënte relevante en toepaslike hulp te kan bied.