VENNOTE
Die vermenging van jeug en ervaring van MFG Accountants stel ons in staat om ons kliënte 'n wye reeks dienste aan te bied wat aangepas is om aan hul unieke en veranderende behoeftes te voldoen. Al ons dienste word voorsien van MFG Accountants se toegewyde ondersteuning en hulp.

Paul Cassells CA (SA), RA


Paul het in 2011 as 'n Geoktrooieerde Rekenmeester gekwalifiseer nadat hy sy nagraadse graad aan die Universiteit van Pretoria verwerf het en sy klerkskap aan PwC in Pretoria voltooi het. Hy het in die ouditprofessie by PwC in New Jersey, VSA, gebly voordat hy 'n pos in die handel in die wêreldwye finansiële sentrum van Londen geneem het en vir die Royal Bank of Scotland gewerk het. Dit is gevolg deur 'n terugkeer na Pretoria, terwyl hy in die finansiëledienstesektor bly waar hy sy handel as finansiële beheerder by Finbond Group Limited gedoen het. Ten laaste, tevrede met sy groot blootstelling aan 'n wye verskeidenheid nywerhede en korporatiewe kulture wêreldwyd in verskillende hoedanighede, het sy veelsydigheid in 2016 'n nuwe tuiste by MFG Accountants gevind. Sy ywerige gevoel van avontuur en liefde vir die buitelewe het hom op 'n 'n fiets toer van 7 500km deur die VSA geneem, as ook gekajak deur vyf lande aan die Donau-rivier. Hy is altyd reg vir uitdagings professioneel sowel as vir ontspanning.

Coert Grobbelaar CA (SA), RA


Coert het sy klerkskap by Cassells Accountants Inc. voltooi waar hy in 2010 as 'n Geoktrooieerde Rekenmeester gekwalifiseer het. Na sy klerskap het hy sy loopbaan by KPMG voortgesit, waar hy waardevolle ervaring opgedoen het todat die geleentheid hom voorgedoen het om by McKay Fahy & Associates aan te sluit. Hier het hy gepraktiseer todat die firma in 2012 saam gesmelt het met Cassells Accountants Inc. om MFG Accountants te vorm. Coert is 'n ywerige voorstander van sport en geniet die buitelewe.

Paul Laesecke CA (SA)


Paul kwalifiseer in 1969 as 'n Geoktrooieerde Rekenmeester en praktiseer sedertdien in Pretoria. Hy het gedien as vennoot by BDO Spencer Steward tot 2008 toe McKay Fahy & Associates gestig is. Hier het hy gepraktiseer todat MFG Accountants gestig is. Paul is 'n goeie gholfspeler met 'n groot belangstelling in wildbestuur.

Madelein Mans CA(SA), RA


Madelein het haar artikels by MFG Rekenmeesters voltooi en haar GR(SA)-kwalifikasie in 2019 verwerf. Sy het verkies om by die MFG-familie te bly, waar sy 'n diepgaande begrip van die ouditprofessie opgebou het en haar ware roeping gevind het. Met 'n kliënt-eerste-ingesteldheid neem Madelein die tyd om diegene met wie sy werk regtig te leer ken. Sy is trots daarop om haar kliënte se lewens makliker te maak, persoonlike leiding te bied en uitstekende diens te lewer wat verder strek as net die syfers. Vir Madelein is die verhoudings wat sy met kliënte bou net so belangrik soos die werk self. Buiten haar professionele lewe is Madelein 'n gesinsgeoriënteerde individu wat dit geniet om tyd saam met haar jong gesin deur te bring. Sy is ook lief vir lees en vind vrede in die natuur, waar sy dit geniet om te ontspan en te herlaai.

John McKay CA (SA)


John kwalifiseer as 'n Geoktrooieerde Rekenmeester in 1976. Hy praktiseer in Pretoria sedert die vroeë 1970's. Hy was een van die stigterslede van BDO Spencer Steward, Pretoria, in 1986, waar hy gedien het as besturende vennoot en lid van die Nasionale Uitvoerende Komitee. In 2003 het hy afgetree maar voortgegaan om te dien as 'n konsultant by BDO Spencer Steward, tot en met 2008 toe McKay Fahy & Associates gestig was. Hier het hy gepraktiseer totdat hulle saamgesmelt het met Cassells Accountants Inc. in 2012 om MFG Accountants te vorm. John dien as 'n raadslid by verskillende liefdadigheidsorganisasies en nie-regeringsorganisasies.
KONTAK ONS

Telefoon : 086 100 0609
Faks : 086 603 7747
E-pos : services@mfga.co.za

Eerste Vloer, 457 Rodericks Straat,
Lynnwood, Pretoria 0081
PRAAT MET ONS

  

© MFG Accountants 2026 | Alle regte voorbehou | Webwerf deur FireHouse Media